Vereistes vir Voldoeningsbeamptes

Posted on

Veranderde vereistes vir voldoeningsbeamptes (VBs) het nogal heelwat kopkrap veroorsaak vir die bedryf. Die inligting hieronder, wat Moonstone Compliance verwerk het uit Raadskennisgewing 127 van 2010, sal lesers help om meer duidelikheid te kry oor wat van hulle verwag word.

Interne VBs wat voor of op 9 September 2010 reeds deur FSB goedgekeur is:

  • Hoef nie’n erkende kwalifikasie te bekom nie
  • Wat nie reeds aan die volgende vereistes voldoen nie, moet wel teen 31 Desember 2013daaraan voldoen:
    • RE vir VBs (nog nie beskikbaar)
    • 1 jaar ondervinding t.o.v. FSP kategorie/produk kategorieë

Interne VBs wat tussen 10 September 2010 en 31 Desember 2011 goedgekeur is:

  • Moet erkende kwalifikasie hê
  • Moet 3 jaar ondervinding hê
  • Moet 1 jaar ondervinding t.o.v. FSP kategorie/produk kategorieë
  • Moet voor 31 Desember van die 2de jaar RE vir VBs hê (nog nie beskikbaar)

Interne VBs wat na 31 Desember 2011 goedgekeur is:

  • Moet erkende kwalifikasie hê
  • Moet 3 jaar ondervinding hê
  • Moet 1 jaar ondervinding t.o.v. FSP kategorie/produk kategorieë
  • Moet reeds RE vir VBs hê (nog nie beskikbaar)

Voorsiening word ook gemaak vir ‘n lys van goedgekeurde kwalifikasies. Kort na publikasie van Raadskennisgewing 127 verskyn ‘n verduidelikende nota waarvan die aanhef lei:

“Please note that the list of qualifications has not yet been finalized and therefore has not yet been published as Annexure 2 of Board Notice 127 of 2010.”

Dit het sedert September 2010 nog nie gebeur nie.

Ons verwag ook dat daar binnekort verdere uitsluitsel gegee sal word rakende die regulatoriese eksamens vir VBs. Dit is, na ons wete, nog nie beskikbaar nie, en die finale keerdatum sal noodwendig, soos die vlak 2 REs, eers bepaal kan word as daar duidelikheid kom oor die vlak 1 REs.

Dit geld ook vir Voortgesette Professionele Ontwikkeling, wat in die Raadskennisgewing genoem word.

Ons raad is dat lesers maar solank dit wat hulle kan, in orde bring.

Om die spreekwoord bietjie te omvorm: Kom tyd, kom raadskennisgewings.