Jongste RFD Lisensie Statistieke

Posted on

Gedurende die tydperk van 23 Julie tot 19 Augustus 2012 is die magtiging van 240 Finansiële Diensverskaffers (FDV) opgeskort. Die redes was: nie-betaling van heffings en die nie-indiening van voldoeningsverslae en/of finansiële state.

Die opskorting van 137 FDVs se lisensies is teruggetrek nadat hulle die nie-materiële oortredings wat tot die opskorting gelei het, reggestel het.

In die tydperk hierbo genoem, is die magtiging van 68 FDVs onttrek nadat hulle nie binne die twee maande grasie periode die oortredings, soortgelyk aan die hierbo genoem, reggestel het nie. Dit wil voorkom of dit mense is wat beoog om die bedryf te verlaat.

Die impak van diegene wat nie die regulatoriese eksamens voor die einde van Junie geskryf het nie, is nog nie sigbaar in hierdie syfers nie. Ons verwag dat daar ‘n aanduiding hiervan sal wees in die beloofde skrywe oor voorbereidingswerkswinkels vir diegene wat vir die nuwe grasie tydperk kwalifiseer.

Let asseblief daarop dat diegene wat NIE voor die einde van Junie geskryf het nie, nog die volste reg het om te enige tyd te skryf. Ons verwag dat hulle dieselfde grasie (as hierbo) van twee maande sal kry om die eksamen te skryf en deur te kom. Sou dit nie gebeur nie, of hulle weier steeds om te skryf, sal hul lisensies opgeskort word.