Dekking vir volle finansieringsbedrag

Posted on

Die FAIS Ombud het onlangs bevind dat ‘n makelaar aanspreeklik gehou moet vir die verlies van ‘n kliënt wat betref die verskil tussen die versekerde bedrag en die uitstaande skuld aan die bank.

Ons het by Santam gaan kers opsteek en die volgende antwoord ontvang.

Vraag:

Wat is julle standpunt rondom dekking vir ‘n voertuig, versus dekking wat ook die hele finansieringsbedrag behels, en wie is verantwoordelik vir laasgenoemde? Is dit die F & I persoon by die motorhandelaar? Wat dan as die koper, soos ek, besluit ek wil eerder met my eie makelaar onderhandel?

Antwoord:

Ingevolge artikel 106 van die Nasionale Kredietwet het ‘n kliënt ‘n keuse by wie hy sy versekering van die voertuig wil plaas. ‘n Motorhandelaar kan dus nie ‘n kliënt verplig om versekering via die motorhandelaar uit te neem net omdat die kliënt finansiering van die voertuig deur die motorhandelaar gereël het nie.

Santam bied motorversekering sowel as die tekort voordeel (shortfall cover) aan. Dit is in meeste gevalle nie die versekeraar se plig om hierdie dekking aan die kliënt te bied indien hy/sy wel oor ‘n makelaar beskik en die makelaar die aangekoopte voertuig op die polis plaas nie. Die makelaar is dus in die beste posisie om die volledige feite vanaf die kliënt te bekom naamlik of die kliënt die volle aankoopprys vir die voertuig betaal het en of die kliënt ‘n deposito betaal wat groot genoeg is om die te verhoed dat ‘n krediet tekort by ‘n eis sal ontstaan.

Indien die kliënt egter direk by die versekeraar verseker is, en dus nie oor ‘n makelaar beskik wie hom/haar oor hierdie dekking kan adviseer nie sal die plig om die kliënt oor hierdie dekking in te lig wel by die versekeraar berus.

In hierdie betrokke saak het die adviseur aangedui dat hulle nie gekontrakteer is om “shortfall cover” aan te bied nie. Dit het geen indruk op die Ombud gemaak nie, en die makelary het geskik en die verskil aan die kliënt betaal