Sharemax Direkteure doen aansoek om Appél

Posted on

Die Siegrist uitspraak van die FAIS Ombud gaan betwis word.

In hierdie opspraakwekkende beslissing is 4 direkteure van Sharemax Beleggings aanspreeklik gehou vir die verliese wat beleggers gelei het in die Villa en Zambezi. Die appél word gerig aan die FSB se Appélraad, wat bestaan uit persone, gewoonlik senior regslui, met grondige kennis van die bedryf.

‘n Verdere nasleep hiervan is beëindiging van die kontrak van een van die FSB se bestuurders wat, volgens die Ombud, noue bande met Sharemax gehad het. Me. Rinate Goosen, wat op ‘n stadium voldoeningsbeampte by FSP Network, handelend as USSA, was, en tans ‘n bestuurder in die FSB se toepassingsafdeling is, se dienste gaan beëindig word.

In ‘n gesamentlike mediavrystelling van die FSB en Me Goosen word daar aangedui dat “…weens die negatiewe indruk wat deur haar vorige assosiasie met USSA veroorsaak is, het beide die FSB en Mev. Goosen ooreengekom dat die FSB se bedryfsvereistes die beëindiging van haar kontrak vereis.”