Outsurance kry Bloedneus

Posted on

Verbruikers wat meen dat hulle spaar deur die tussenganger uit te sny, kan gerus hierdie artikel lees.

Luidens die berig in die Sunday Times van 12 Augustus 2012 is ‘n kliënt se eis van R75 000 afgewys op grond van die feit dat ‘n ander versekeraar haar polis 10 jaar gelede gekanselleer het weens ‘n oneerlike eis. Die klaagster beweer dat sy op daardie stadium getroud was, en nie die enigste persoon was met haar versekering gewerk het nie.

Volgens die berig het Outsurance in die voorafgaande twee jaar wel eise van die kliënt uitbetaal. In die een geval was die bedrag so klein dat hulle nie enige ondersoek gedoen het nie, en in die tweede geval “(the client’s) previous history didn’t come up“

Die segsman vir Outsurance beweer dat hulle slegs die inligting soos deur die kliënt verskaf, valideer as daar ‘n eis ontstaan. Waarom dit nie in die vorige twee eise gedoen is nie, is nie duidelik nie. Die weiering van die laaste groot eis, skep die indruk dat validasie afhang van die grootte van die eis, hoewel die tweede eis waarna hierbo verwys is, meer was as die premies wat sy inbetaal het.

Om die saak nog erger te maak, is die skade van R75 000 gely tydens ‘n inbraak waartydens die klaagster ook verkrag is.

Kliek asseblief hier om die hele artikel, in Engels, te lees.