Secondary

moonstone-who-can-it-be-now

Who can it be now?

The title of Men at Work’s song sums up the uncertainty in the minds of rugby lovers as we contemplate the outcome of the final two games of RWC 2015.

Argentina/South Africa

This match will certainly draw far less TV viewers than the final, but does have some importance as ending third has positive implications for RWC 2019 in Japan.

Argentina will be far more motivated than the Springboks. Having played in their first ever RWC semi-final, winning this match will be their finest moment ever. Injuries to three key players may just rob them of the opportunity.

Dis moeilik om aan geldige redes te dink hoekom die Springbokke begeesterd sal wees as hulle opdraf. As jou afrigter sê dis soos om jou suster te soen, of jy speel om dit ‘n goeie afskeid vir uittredende spelers te maak, gaan jy, soos hulle in Namakwaland sê, jou gat sonder ‘n spieël sien.

Ek kan nie sien dat ons iets anders as “more of the same” gaan sien nie – die afrigter se pos is immers op die spel. Die uitslag sal waarskynlik bepaal word deur hoe Argentinië vaar, eerder as dat ons iets merkwaardigs gaan doen.

Australia/New Zealand

As mens jou Springbok kêppie vir ‘n neutrale een verruil, gaan hierdie wedstryd waarskynlik die mees aanskoulike eindstryd in die geskiedenis van die Rugby Wêreldbeker wees.

Australië gaan met ‘n paar verrassings vorendag kom – daaroor het ek geen twyfel nie. Ook nie oor die feit dat hul giftige agterlyn met mening gaan aanval nie. Justin Marshall waarsku juis die All Blacks in ‘n artikel in die NZ Herald dat Mat Giteau die spil is waarom alles agterlangs draai vir die Wallabies:

Backs coach Stephen Larkham knows Giteau well from his Brumbies days and he’s using him wisely. He isn’t being used as a crash player – centre Tevita Kuridrani and wings Mitchell and Adam Ashley-Cooper can do that – he is using Giteau for his distribution and kicking skills. With Israel Folau at the back and Will Genia calling the shots at halfback, that is a very potent backline. A defender only has to making one poor decision and the Wallabies are in behind his team and creating havoc.

Daar is deesdae nogal ‘n groot ooreenkoms tussen die Proteas en die All Blacks. Beide spanne speel so opwindend dat toeskouers selfs hande klap al word hul eie span opgefoeter.

Die grootste enkele bate van die All Blacks is hul vermoë om aan te pas namate die wedstryd vorder. Hulle speel slim rugby, en hul spelers word nie aan bande gelê deur ‘n wedstrydplan wat ten alle koste gevolg moet word nie.

Wat die uitslag ookal is – rugby gaan die wenner wees.

Comments are closed.