Secondary

Was Suid-Afrika regtig so sleg?

As mens nie geweet het wat die eindtelling was nie, sou jy sweer die Bokke het Saterdag verloor teen Italië, aldus die media.

Die eerste ding wat my opgeval het, is hoe groot die Pizza manne was. Die laaste keer wat ek soveel enorme Italianers saam gesien het, was toe Mussolini en sy lyfwagte, sonder die hulp van blou ligte, vir ‘n opruiende toespraak in Rome opgedaag het.

Gelukkig het ons darem ons Asterix en Obelix in Willie le Roux en Eben Etzebeth gehad om hulle hok te slaan.

Daar was heelwat pluspunte in die wedstryd.

Ons het goed gevaar teen Italië in die skrums, wat hul aanvalsplatform is, terwyl hulle ons opgedreun het in die lynstane, waarvandaan ons dikwels punte aanteken. Dit is ‘n tydelike insinking, nie ‘n permanente probleem nie.

Daar was wel vir my twee kopsere, en beide hou waarskynlik verband met die wedstrydplan.

Pat Lambie het die voordeellyn hopeloos te veel kere aangeval en nie ons giftige agterlyn toegelaat om die Italianers te toets nie.

Dan sal Jean de Villiers en Heyneke Meyer moet begin besef dat jy in toetse jou geleenthede om punte aan te teken, moet benut, veral as jy sukkel in die lynstane.

Steve Hansen het reageer op kritiek teen sy span na die wedstryd teen Wallis deur te wys daarop dat die uitslag van meeste wedstryde dikwels in die laaste 30 minute bepaal word. Ons het in die laaste twintig minute twee drieë gedruk, wat Hansen se stelling staaf.

Ons twee nuwe voorrye het ‘n groot toets met lof geslaag, en so ook Julian Redelinghuys en Nizaam Carr as plaasvervangers. Johan Goosen was stewig op heelagter, hoewel Willie le Roux geen twyfel gelaat het dat hy steeds die numero uno in daardie posisie is nie.

Ag nee wat – ek dink die negatiewe reaksie op Saterdag se wedstryd spruit voort uit te hoë verwagtinge van die ondersteuners, eerder as dat die span onderpresteer het. Daar was nooit ‘n tyd waar die Bokke nie in beheer van die wedstryd was nie.

Nag, ou Grote

Ons wens Bakkies Botha alle sterkte toe met sy lewe na internasionale rugby. Hy was, ondanks sy stil geaardheid, een van die mees kleurryke en omstrede spelers in die moderne era. Sy soort raak min, en ons gaan hom mis.

Proteas Wilt under Aussie Heat

It was apparently a very hot day in Sydney yesterday. Even more so for the South African side who not only lost the last match, but also their number one status in the one-day version of the game.

Quinton de Kock’s return to form, and Behardien finally getting runs, should provide some comfort to the coach, but unlike Heyneke Meyer, the light at the end of the tunnel for Russell Domingo appears to be a train heading his way.

Ryan McLaren and Wayne Parnell are not, the answer to the all-rounder problem in the team, on current form. JP Duminy’s return to the side will restore some of the balance, but do we have enough time to find and blood the right player?

Unlike Heyneke Meyer, who has a wealth of talent currently on the injured list, Domingo is in an Old Mother Hubbard situation. None of the triallists on this tour made the same impact as did their counterparts in the rugby side, except Kyle Abbott, who should have been used far earlier.

An optimist will point out that Jacque Kallis also started off slowly.

True, but the right man needs to provide some proof that the talent is there. I am as yet unconvinced by their display on this tour.

 

Comments are closed.