Sport Shorts

Posted on

Bafana Bafana Rebounds

Our national soccer side was possibly so confident before the match that they appeared more interested in the beautiful surroundings than their opponents. After allowing Mozambique to score a shocker of a goal against them, they woke up and, also thanks to a kick in the backside from the coach at half-time, managed to be the better team for 90% of the match. Call me old-fashioned, but promising the team a huge cash incentive if they win the cup may have a negative impact on their approach to the game. I would prefer national pride to be the motivating factor, not the player’s bank balance.

Volvo Meester

Louis Oosthuizen se sege gister in Durban het net weer bewys van watter stoffasie hy gemaak is. Sy naderhoue op die laaste twee putjies, onder geweldige druk, was werklik asemrowend. Arme Branden Grace kon seker nie sy oë glo toe hy dit sien nie. Kom ons hou duim vas dat Louis se lekker rus in Desember vir ons nog baie sulke plesier gaan verskaf in 2014.

Victor Matfield Terug?

Dit is seker goeie joernalistiek om verskillende menings oor iets kontroversieëls te bekom, en die nuus van Matfield se beoogde hertoetrede tot die spel was beslis ‘n uitstekende geleentheid om lesers aan die dink te sit. Mens moet onthou dat die reaksie baie soortgelyk is aan dié van kenners toe Heyneke Meyer verlede jaar vir Bakkies Botha ingesluit het in die Springbokspan. Net so tuis soos Bakkies was, ondanks voorspooksels deur die doemprofete, so goed sal Matfield vir die span wees in terme van sy kundigheid en ondervinding. Na my mening sal sy teenwoordigheid van groot waarde vir Pieter-Steph du Toit, en selfs vir Eben Etzebeth, wees. Mens moet in gedagte hou dat Andries Bekker waarskynlik Matfield se kroonprins was, maar sy beserings, en besluit om eerder in Japan te gaan speel, wel die Bokke met ‘n tekort aan kundigheid en ervaring gelaat het.

So van Bakkies gepraat: ek het die naweek bietjie Heinekenbeker rugby gekyk, en die ou grote het weer sy rol as “enforcer” rondom die losgemale met gesag vervul. Dit lyk of hy dieselfde pyndrempel (of is dit nou gebrek daaraan?) as my dogter se Pittbull het.

Engelse trap weer klei

Ondanks nuwe bloed het Engeland die eerste eendag wedstryd teen Australië verloor. Dit lyk of die dinge wat van die veld af gebeur, die Engelse kaptein se spel beïnvloed, en sy grootse vyand is waarskynlik die Britse media wat groot gewag maak oor die toekoms van Kevin Pietersen. My kollega, Bobby, is baie opgewonde oor die oud Zimbabwiër, Gary Ballance, se uitstekende kolfvertoning.

Die spotprent hieronder veduidelik dinge so mooi!

 

Blog picture