Three out of Four

Posted on

Wind uit hul Seile

En daar vind die Stormers toe uit jy kan nie oornag van super verdediging oorskakel na super aanval nie. Veral nie as jy twee ysters soos Vermeulen en Elstadt moet vervang met ‘n ander tipe speler nie. Ek sien die media spekuleer dat hulle nou maar kan begin proefnemings doen vir volgende jaar. Hulle wonder ook of Jantjes nog speelkans moet kry, gegewe die feit dat hy na die Superreeks teruggaan na die Lions toe. Ek hoop nie hulle doen dit nie. Netnou gebruik die Lions hom in die uitspeelstryd teen die Stormers.

Klinies

Dit is al hoe mens die nuwe Bulls kan beskryf. Soos voorspel het hulle nie toegelaat dat die vorige week se loslootjie hulle pootjie nie, en het volpunte behaal teen ‘n span wat hierdie seisoen ver onder sy potensiaal speel. Ook hier het die manne van Pretoria nie hulself laat flous nie, en doelgerig hul nuwe, vloeiende spelstyl gebruik om byna dubbel soveel punte as hul opponente aan te teken.

Cheetahs sien Rooi

Piet van Zyl
Piet van Zyl

Waar mens die Bulls as klinies beskryf, kan jy van die Cheetahs sê dat hulle gemaklik is. Hulle straal selfvertroue uit, en hulle planne wat in die oefeninge gesmee word, werk in die praktyk waar dit saak maak – op die veld. Die kaptein van die Reds beweer dat hulle baie foute gemaak het, en hy is reg, maar dalk net omdat mens net so goed is as wat die opposisie jou toelaat.

 

 

 

 

Sharks Spark

Riaan Viljoen
Riaan Viljoen

There must have been a huge sigh of relief in Durban on Friday afternoon when the Sharks finally pulled a win from the magician’s hat. It may not have been pretty, but it certainly made a lie of the stories about divisions in the ranks. Riaan Viljoen’s try was as good a try as we are likely to see this year, and hopefully spurred his team mates on to greater things.

My quote of the day comes from Gavin Rich who writes on the Supersport page: However the Sharks were helped by what can be considered quite a freaky occurrence in this year’s Super Rugby – an Australian TMO actually made a correct decision and ruled against an Australian team on Australian territory.