The Playoffs are Nearing

Posted on

The unexpected losses of the Crusaders, Chiefs and Highlanders put a new perspective on just who will make the final six. The rules of the competition make for some interesting possibilities, and the scramble for a place in the playoffs suddenly became a lot closer than before this past weekend.

Op dieselfde tema vra Bobby verlede week hoe dit dan werk dat sy span, die Bulls, nie teen die Force speel nie? My tong in die kies antwoord, dat hulle waarskynlik maar net weer voorgetrek word, is toe nie akkuraat nie.

Die Superxv.com blad bevat die volgende verduideliking, en verduidelik ook hoe die kwart- en halfeindstryde bepaal word:

“Teams will play each team in their own conference twice – home and away, but in the other conferences they will only play four of the five teams in both of the other conferences. Teams will play eight domestic matches and eight away matches for a total of 16 round-robin games. A winner from each conference will be determined from the results. Each conference will have one winner and therefore Australia, South Africa and New Zealand will each be guaranteed to have one team participating in the finals. Where these teams finish will determine home advantage for the playoffs.

In week 1 of the finals the two conference winners with the highest points will be rewarded with a week off. The conference winner with the lowest points or the third placed team will enter a sudden death playoff with the sixth placed team.

Also, in week 1, the team placed fourth at the end of the regular season will play the fifth placed team. The winners of the first week of play-offs then go through to face the first and second placed team who had just had the week off in the semi-finals.

QF1.) Team 3 vs Team 6

QF2.) Team 4 vs Team 5

The first placed team from the regular season will play the lowest ranked qualifier in week 1 of the playoffs.

The second placed team from the regular season plays the team highest ranked qualifier in week 1 of the play offs.

SF1.) Team 1 vs lowest ranked qualifier.

SF2.) Team 2 v highest ranked qualifier.

Final Winner SF1 v SF2

Home advantage will be given to the team that finished highest on the overall table in the regular season.”

Werk ‘n bietjie aan die permutasies, en kyk of jy wil hê jou span moet, sê maar, eerder teen die Crusaders as teen die Brumbies speel? Hier kom pêrre.

Hoe lyk die Bokke se span?

Ons moes hard spook om nie provinsialisties te wees in ons keuse nie. Aangesien ons nie hoef pa te staan vir ons keuses nie, verduidelik ons waarom ons sekere keuses gemaak het.

Pat Lambie

15. Pat Lambie: Hy kies homself in die span, al is dit nie in sy beste posisie, losskakel nie. Moontlike verskuiwing na nommer 10 in die tweede helfte.

14. JP Pietersen: sy ondervinding, werkverrigting en spoed, sowel as vermoë onder die hoë bal, maak dit moeilik om hom met iemand anders te vervang.

13. Juan de Jongh: bied waarskynlik die meeste van alle kandidate in hierdie posisie – spoed, verdediging, lynbreek vermoë, en dan ook nog sy samespel met Jean de Villiers.

12. Jean de Villiers: waarskynlik Meyer se keuse op kaptein, en die een speler wat landswyd geag word die nommer een in sy posisie te wees.

11. Bryan Habana: Ditto wat ons van JP Pietersen gesê het. Dan ook nog sy opvolg van lugskoppe wat die opposisie onder baie druk plaas. Bjorn Basson kan ook sterk oorweeg word weens sy vaardighede in die lug, maar wat werkverrigting betref, moet hy nog meer doen.

10. Morne Steyn: daar mag moontlike kroonprinse wees, maar sy ondervinding om koelkop te bly onder die aanvankilke druk maak hom vir eers die nommer een keuse. So ook sy samespel met Hougaard op skrumskakel.

9. Francois Hougaard: nog ‘n speler wat nog meer behoort te gedy in sy beste posisie, en opsies bied in geval van onverwagse beserings.

Reserwes:

Afhangende van Meyer se keuses voorlangs, sou mens graag veelsydige super subs. soos Gio Aplon en Frans Steyn op die bank wou sien. Die plaasvervanger skrumskakel is ’n tameletjie. My keuse sou op Dewald Duvenhage val, maar moenie die jong Vrystater Piet van Zyl as buiteperd onderskat nie. My eerste keuse as nommer 2 skrumskakel is steeds Sarel Pretorius, maar tot ons duidelikheid het oor Meyer se hantering van spelers in die buiteland, moet ons maar staat maak op plaaslike spelers wat tans in die Superreeks betrokke is.

Net so ’n laaste gedagte: in die ou dae het proewe nogal verrassings opgelewer. Ek wil allermins bepleit dat ons topspelers aan nog meer rugby blootgestel word, maar wat van vier spanne uit die nie-Superreeks om vir daardie speler wat dalk vir Grens of die Pumas speel en nie werklik tot sy reg kom nie, ook die geleentheid te bied om sy ware ten toon te stel?

Dis nou nie sy “ware”, soos in wanneer dit broekskeur gaan nie, ou Grote!

Rustigheid in jou lewe, die week.