Super Sevens

Posted on

What a joy it was to see the Blitsbokke perform so well over the weekend. The game against the All Blacks clearly showed that they have no hang-ups, or hangovers, from their previous encounters. In the semi-final, one missed tackle, and two poor decisions in the dying minutes, cost us the game. They will go into the rest of the tournament as a great threat, and will possibly not be underestimated again. But then, their confidence will make up for this.

Skielik was daar vier

Na die naweek se rugby kan mens kwalik glo dat ons twee weke gelede nog in sak en as was oor die losskakel posisie.

Morné Steyn se korrel was in, en so ook sy algemene spel, na ‘n blaaskans. Sy 23 punte het enige twyfel wat daar mag bestaan het, uit die weg geruim, en sal baie vir sy selfvertroue, en dié van sy ondersteuners, beteken.

Pat Lambie het net weer bewys watter onreg hy, en die land, aangedoen is toe hy so min aangewend is in die Bokspan. Daar was tekens van roes, soos mens kan verwag nadat hy solank omtrent niks gespeel het nie, maar sy besluitneming, en die vaart waarmee hy sy agterlyn aan die gang kry, kan nie langer onbenut gelaat word op nasionale vlak nie. Hy is eerstens ‘n losskakel, dan heelagter. My kollega, Bobby, glo Frans Steyn behoort heelagter toe te skuif, Lambie op losskakel en Juan de Jongh op buitesenter as deel van ‘n gevestigde kombinasie met Jean de Villiers.

Met Butch James vir alle praktiese oorwegings klaar met senior rugby, is dit baie verblydend dat Elton Jantjes ook sterk in die wedloop is. Hy is ‘n uiters afgeronde speler, met uitstekende temparament onder druk, en sy blootstelling aan die nasional groep kon hom net goed gedoen het. Net jammer sy sterk groei is al weer te danke aan twee Kiwis: Carlos Spencer en John Mitchell.

 Demetri Catrakilis
Demetri Catrakilis

Vir my was die verrassing van die seisoen, die spel van Demetri Catrakilis vir die WP. Daar was ‘n hele reeks ander kandidate voor hom in die tou, maar beserings het later daartoe gelei dat hy as laaste wanhoopspoging ingespan is. En het hy dit nie benut nie! Die skuif na die Kings, vir twee jaar, is nogal riskant. As hy gebly het, moes hy volgende jaar meeding teen Peter Grant en waarskynlik Elton Jantjes, benewens die ander beseerdes wat sal terug keer. Die keersy is natuurlik dat hy benadeel kan word as die Kings die melkkoeie word wat almal voorspel. Maar ek hou baie van wat ek die afgelope paar weke gesien het.

 

 Uitspeelwedstryde

Ten slotte wil mens simpatie uitspreek met die Cheetahs, wat laaste in die kompetisie geëindig het, ondanks hul beste Superrugby seisoen ooit. Ek glo die kloof tussen hulle en die Kings is net te groot vir laasgenoemde om enigsins ‘n kans te staan. Boonop sal beserings aan sleutelspelers die Oos-Kapenaars nog verder benadeel.

Maar die bal is nie rond nie, en vir die Kings is daar bitter baie op die spel. Hulle weet dat almal verwag hulle gaan volgende jaar kanonvoer wees vir die gevestigde Super 15 spanne, en sal hierdie geleentheid wil gebruik om tong uit te steek vir hul kritici.

Soos wat die Leeus sal wil doen vir wat sekerlik ten beste beskryf kan word as ‘n dolk in die rug. Deur die Curriebeker te behou, sal hulle sekerlik ‘n vinger druk in die oë van die rugbybase wat hierdie saak baie swak hanteer het. Om dit liggies te stel.