Opleiding – Nasionale Kredietwet (NCA)

Posted on

Ons het baie navrae, veral van lesers in die motorhandel, oor hierdie ingewikkelde wetgewing ontvang. In reaksie het ons ‘n kursus ontwikkel om die behoefte aan te spreek. 

Die eerste kursus word reeds op 17 Oktober op Stellenbosch aangebied. Ons hoor graag van lesers in ander areas – as daar voldoende belangstelling is, kan ons dit enige plek aanbied.

Leerders kan een van twee opsies kies: self-onderrig of gefasiliteerde opleiding. Na suksesvolle voltooiing van die eendagkursus ontvang leerders ʼn Moonstone NCA sertifikaat.

Koste:

Gefasiliteerde opleiding (1 Dag): R1681 plus belasting

Self Onderrig: R1250 plus belasting

Die sluitingsdatum vir registrasie is 4 Oktober 2013. Kliek hier om elektronies te registreer.

Navrae kan gerig word aan Ronel by:
ronel@moonstoneinfo.com
Tel 021 883 8000.