Bestendigheid Meyer se Basis

Posted on

Die afwesigheid van sleutelspelers in die Bok oefengroep moet nie gesien word as ‘n aanduiding dat Heyneke Meyer beoog om ‘n klomp nuwelinge in te sluit in die span wat teen die internasionale span gaan speel nie.

Die Springbok afrigter was nog altyd baie konserwatief in sy spankeuses, en ons verwag nie dat hy nou skielik ‘n Harry Viljoen haas uit die hoed gaan pluk nie. Harry was ‘n onortodokse denker wat destyds die Springbokke, in ‘n toets in Argentinië, beveel het om nie te skop nie. Dit was so hittete of hulle het verloor, en baie ondersteuners se opinie van Viljoen was nooit daarna weer dieselfde nie, hoewel Jake White hom baie hoog aanslaan in sy biografie.

Die kern van die span wat Suid-Afrika laas in ‘n toets verteenwoordig het, is daar. Die enigste twee wat onseker lyk, is Eben Etzebeth en Jaque Fourie. Strydig met die span wat ons verlede week gekies het, glo ek Flip van der Merwe gaan as slot ingespan word saam met Victor Matfield, met Bakkies moontlik op die bank as reserwe.

Wat senter betref, is daar heelwat spelers wat hul hand opsteek, en etlikes wat ongelukkig nie ingesluit gaan word nie. Jean de Villiers sal sekerlik daar wees, ook as kaptein, maar die keuse van sy sentermaat gaan interessant wees. Ek verkies Jean op binnesenter – sy kommunikasie en blitsige besluitneming skep geleenthede vir spelers rondom hom. Die mees waarskynlike keuse sal egter Frans Steyn wees, wat beteken De Villiers gaan buite-senter speel. Damian de Allende is waarskynlik tans die beste binnesenter in die land, maar ek kan nie sien dat hy bo Juan de Jongh, Jan Serfontein of JJ Engelbrecht gaan plek kry nie. Eersgenoemde twee is beide spelers wat as plaasvervanger groot gate in die verdediging kan slaan, en die keuse op die bank lê vir my tussen dié twee. Engelbrect kan natuurlik ook as vleuel aangewend word, wat sy kanse verstewig.

Die een posisie wat almal aan die raai het, is losskakel. Morné Steyn het nie juis baie speelkans in Frankryk gehad nie, maar dis nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Mens moet onthou hoeveel beter hy in die verlede gevaar het toe hy na ‘n ruskans weer begin speel het. Die twee jong kroonprinse, Goosen en Pollard, mag dalk as plaasvervangers op die veld verskyn, en so meer ondervinding opdoen.

Spekulasie oor die lostrio is ook ‘n gewilde onderwerp oor ‘n bier na werk. Weereens sien ek nie dat Meyer gaan afwyk van sy wenresep nie. Schalk Burger kan ‘n groot impak maak, maar Meyer se wedstrydplan gaan nie verander van dit wat in die verlede gewerk het nie – groot robuuste spelers wat die opposisie fisies intimideer. Nie dat Schalk die afgelope paar weke nié so speel nie, maar hoekom torring aan iets wat werk?

JP Pietersen se afwesigheid gaan gevoel word, as mens sy huidige spelpeil in ag neem. Dit is baie waarskynlik dat Bjorn Basson sy skoene sal volstaan. Meyer mag dalk ook vir JJ Engelbrecht hier oorweeg.

Daar is natuurlik die druk om swart spelers in te sluit wat ‘n impak mag hê, maar met die verkiesing agter die rug glo ek die stof het vir eers gaan lê.

The NZ Double Whammy

It is pleasing to note that no less a luminary than Jonathan Kaplan has also come out with blazing guns against the (mainly) New Zealand tactics of taking players out of action away from the ball.

An article on the Sport24 website states:

Kaplan has called for referees to take “immediate action” including the immediate issuing of cards for this specific infringement and calls the tactic “the biggest issue in Southern Hemisphere rugby at the moment.”

“Certainly a few years ago when it reared its ugly head, it was very difficult for referees to pick up because it hadn’t been such a predominant issue in the game as it has become.

“I’m not sure that a lot of coaching is being put into it, and I’m not sure that the correct sanction is being applied to the transgressor. If the punishment does not fit the crime, then obviously teams will carry on doing it,” he said.

“If they are getting away with it and continuing to do it, it sends out a clear message that it is worthwhile to persist with this type of behaviour, because referees are not dealing with this issue effectively.”

The issue is not only that a player is taken out of play – often, he will retaliate, as in the case of Deysel, only to be penalised for doing so. As stated on Monday, Deysel was lucky to only get a three week ban (the minimum is 5 weeks), but the instigator of the incident got off scot free.

Even worse, he sanctimoniously “accepted” Deysel’s apology!