Afrikaanse REs – Hoeveel geleenthede is daar nog?

Posted on

Daar is spesifieke datums en tye waarop die regulatoriese eksamens in Afrikaans geskryf kan word. Dit is in ooreenstemming met die skikking wat die FSB en NAIFA bereik het tydens laasgenoemde se hofaansoek aan die einde van Januarie.

Ons het ‘n datumlys spesifiek vir die Afrikaanse eksamens opgetrek. Kliek hier om dit af te laai. Dit is onontbeerlike inligting vir lesers om hul beplanning te doen.

Volgens hierdie skedule is daar in totaal nog 1 010 sitplekke beskikbaar voor die einde van Junie. Die beskikbare sitplekke is as volg:

Wes-Kaap (Bellville): 160

KZN (Durban): 160

Gauteng (Roodepoort): 160

Oos-Kaap (PE): 160

Limpopo: 160

Noord-Kaap: 20

Vrystaat (Kroonstad en Bloemfontein): 160

Bostaande is die totale aantal sitplekke beskikbaar. Ongelukkig weet ek nie hoeveel hiervan reeds bespreek is nie, en wil u dus aanraai om vroeër, eerder as later, te bespreek.

Kliek hier om elektronies te registreer, of skakel ons registrasie afdeling by 021 888 9796 om u te help.

Sou daar groepe wees wat graag by ander lokale wil skryf, kan hulle ons nader om by die FSB toestemming te vra om dit aan te bied. Die datums en tye by sulke lokale sal egter moet ooreen stem met dié wat in bostaande skedule vervat is. Ons sal uiteraard dit ook net kan doen mits daar voldoende getalle is.

Lesers sal merk dat die tyd nou kort raak. Ons wil u sterk aanraai om so spoedig moontlik te registreer, of u nou in Afrikaans, of in Engels, gaan skryf.