Hoe weervoorspellers te werk gaan

Posted on

Dit is April en die Boesmans in die Kalahari vra hulle nuwe stamhoof “Spaarwater Kruiper” of dit hierdie winter matig of koud gaan wees.

Omdat hy stamhoof is in meer moderne tye, het hy nooit die ou geheime geleer nie. Wanneer hy die lug bestudeer, kan hy nie voorspel hoe die winter gaan wees nie.

Nieteenstaande besluit hy om veilig te speel, en verklaar dat dit ‘n koue winter gaan wees, en dat hulle moet begin brandhout bymekaar maak ter voorbereiding.

Hy is egter ‘n praktiese man en na ‘n paar dae kry hy ‘n plan. Hy stap na ‘n publieke telefoon by die nasionale pad, skakel die weerburo en vra, “Gaan die komende winter koud wees in die Kalahari?”

“Ja dit lyk so.” bevestig die een wat geantwoord het. Hy gaan terug na die stam en gee instruksie dat hulle nog meer hout bymekaar moet maak.

‘n Week later skakel hy weer die weerburo. “Lyk dit nog steeds na ‘n baie koue winter?” vra hy. “Ja, dit gaan baie koud wees” kom die antwoord.

Hy gaan terug en beveel hulle om elke stukkie hout wat hulle kan vind, op te tel. Na twee weke skakel hy weer. “Is julle heeltemal seker dat dit baie koud gaan wees?” vra hy.

“Absoluut” kom die antwoord, “dit lyk al hoe meer of dit een van die koudste winters ooit gaan wees.”

“Wat maak julle so seker?”

“Ons satelliet fotos wys die Boesmans maak verwoed hout bymekaar, en hulle is nooit verkeerd nie!”