The Johnson Jinx

Posted on

Mitchell Johnson appears to reserve his best for South Africans. His career best of 12 wickets for 127 runs in the first test at Centurion eclipsed his previous best figures of 11 for 159 in Sydney, also against South Africa.

Ek was werklik teleurgesteld in ons kolwers se onvermoë om Johnson te hanteer. Na die wedstryd het ek op Facebook voorgestel die Proteas moet hul naam verander na die Sendelinge. Hulle het immers meer mense op hul knieë gehad om te bid, al was dit ook net vir reën, as die meeste predikante wat ek ken. As hulle boonop vir Duminy kaptein maak, kan dit mos net beter gaan.

Sou dinge anders verloop het as Smith gekies het om eerste te kolf? Niemand sal weet nie, maar wat wel waar is, en onderskryf deur beide Smith en Michael Clarke, is dat kolfblad nie geskik was vir ‘n vyf-dag toets nie. Clarke het dit selfs as gevaarlik bestempel.

Mens moet nou nie in sak en as gaan sit nie. Die blad in Port Elizabeth gaan waarskynlik in ‘n baie beter toestand wees as die mank mamba in Pretoria, en hopelik tot ‘n meer kompeterende toets bydra.

Maar Johnson gaan weer daar wees – nie net op die veld nie, maar ook in die koppe van die Sendelinge.

Super Rugby

Cheetahs/Lions

Die ondersteuners in Bloemfontein moes Saterdag sekerlik baie goed besef het hoe die All Black aanhangers in 1995 gevoel het toe Stransky sy beroemde skepskop deur die mikke gejaag het. Naka Drotske voel dat hulle hul swakste wedstryd in drie jaar gespeel het, en min sal met hom verskil. Dit was dalk ‘n kwessie van te veel selfvertroue teen ‘n span wat deur almal geteiken word as die melkkoei van die reeks.

Ek is seker die Lions het self in hul onderbewussyn hieraan gely, maar soos wat die wedstryd gevorder het, het hul selfvertroue gegroei. Dit laat my nogal dink aan die storie van die klein treintjie: “Ek dink ek kan, ek dink ek kan…” Marnitz Boshoff beïndruk nou al geruime tyd, en sy vertoning Saterdag kan sy toekoms net goed doen.

Sharks/Bulls

It appears that Jake White’s new “mad dogs and Englishmen” approach to training works. There was none of the usual February/March lethargy in the Sharks side. They were the outstanding South African side. White singled out Bismarck du Plessis’s captaincy and Marcel Coetzee’s work at the breakdowns as his highlights of the match.

The Bulls were outplayed at their own game, with only the rolling mauls working for them. The pressure applied on their halfbacks eventually took its toll, and the Sharks took full advantage of this. Injuries left the Bulls weakened at the breakdowns, where the Sharks were outstanding.

Dit is die komende naweek slegs die tweede rondte, en daar is reeds baie druk, veral op die Bulle en die Cheetahs, om nie te ver agter die trop te raak nie. Hul kragmeting in Bloemfontein is vir albei belangrik, maar die Cheetahs kan nie bekostig om nog ‘n tuiswedstryd te verloor nie.

Die Leeus stap sekelstert op Ellispark rond, en as die Stormers vooraf gedink het die vier punte is klaar in die sakkie, sou gebeure die afgelope naweek, toe hul reserwes teen Boland verloor het, hulle wreed ontnugter het.

Die Sharks speel teen die Hurricanes wat twee stutte en ‘n losvoorspeler weens beserings afgestaan het. Dit is juis posisies waar die Sharks baie sterk is, dus verwag ek ‘n redelike maklike oorwinning vir die Piesangboere.