Sy bloed is blou

Posted on

Klein Wimpie is ‘n getroue Blou Bul ondersteuner en dis weer ‘n wedstryd tussen die Bulle en die Stormers.

Hy gaan Loftus toe en neem sy plek in op die mees gesogte en duurste seisoenkaarjie sitplek – op die hoofpaviljoen en regoor die middellyn.

Hy sit langs ‘n man wat baie nuuskierig vra: “Boetman, maar jy is darem baie bevoorreg om hier te kan sit en sê my, by wie kry jy die kaartjie?”

Wimpie: “By my pa oom.”

Man: “En waar is jou pa?”

Wimpie: “By die huis oom.”

Man: “Hoekom?”

Wimpie: “Ek dink hy soek sy kaartjie.”