SARS Grawe nog Dieper in Jou Rekords:

Posted on

My kollega wys my gister ‘n e-pos wat hy van sy bank ontvang het oor verdere stappe wat SARS implementeer om belastingbetalers se eerlikheid te toets.

New SARS requirement: Your home loan balance and interest charged will be submitted to SARS from Feb ’13.

Ons gedagte is dat dit ‘n poging is om mense vas te trek wat beweer dat hulle ‘n salaris van R25 000 per maand verdien, terwyl hulle ‘n verband van R10 miljoen gereeld betaal by die bank. Ek weet van een so outjie in Limpopo, maar luidens berigte word sy doppie tans geklink.

Dit mag stellig ook deel van die FICA maatreëls wees. Hoe dit ookal sy: ‘n skoon neus is ‘n heel neus, by wyse van spreke.