Rugby is ‘n harde spel.

Posted on

Hierdie stories is deur verskeie karakters op Facebook geplaas. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid hiervan, of die antagonisme wat dit mag ontlok nie.

Ek loop gister daar by Pick n Pay in en daar het iemand wraggies twee kaartjies vir die Stormers game met duimspykers teen die kennisgewing bord vasgesit! Jeez, ek het dit dadelik afgepluk. Ek soek nou al ‘n week ‘n paar duimspykers.

Soos toe ek opdaag by Loftus en vra hoe laat die game begin: “Hoe laat kan jy dit maak?” vra die vriendelike vent my.

Ek hoor die brandweer bel anderdag vir John Plumtree, en tjoen hom Kingspark (of wat ook al dit deesdae is) brand af. Hy gil toe glo “”Die bekers! Red die bekers!” Waarop die brandweerman antwoord: “Die vuur is gelukkig nog nie in die kombuis nie.”

Hoeveel Bul-ondersteuners neem dit om ‘n gloeilamp te verander? Geen, want hulle is tevrede daarmee om in die WP se skadu te bly.

Eendag bel ek op ‘n Vrydag Nuweland toe om te hoor of daar nog plek is vir Saterdag se game. Die vriendelike kêrel wil toe sommer weet: “Watse pozzy speel djy menee?”