The Moonstone Getwine Rugby Championship Challenge

Posted on

The Moonstone/Getwine Rugby Championship Challenge

Our Superbru pool already boasts 68 members, so if you are keen to join, please do so today, as we will limit the group to 100.

The competition takes place over six weekends, kicking off this Saturday, and concludes on 4 September. All Moonstone subscribers are welcome to enter the competition.

42 Good Reasons to Join

Getwine will deliver a mixed hamper of six great wines to the weekly winners, and the overall winner will receive a further six bottles of top quality wines at the end of the competition.

Those who know how Superbru works will remember that all participants have an equal chance of winning every week. Even if you favourite team loses, you can still be a winner.

Please do not enter more than once under a pseudonym – you may be red-carded.

Click on the link below to join:

http://www.superbru.com/rugbychampionship/pool.php?p=11271433

Pool name: Moonstone/GET WINE Rugby Champ

Pool code: feeddour

Some of the Rules

Superbru has specific rules to determine a weekly winner in the event of a draw:

In the event of a score tie, our standard tie-breaking rules apply: the player with the highest Win Point (WP) tally wins, followed by tests on highest Margin Point (MP) tally and then lowest Total Distance from Margin (TDM) if ties still apply. If players are tied right down to TDM, they will share the Yellow Cap.

We are reviewing this, as we want as many pool members as possible to share the weekly spoils. The overall winner is likely to scoop more than one weekly prize anyway, so the possibility of a lucky draw between those whose predictions are spot-on may spread the wares more fairly. Please share your views on this on our blog.

 

Currie Cup Roundup

Daar moet vanoggend ‘n paar baie bekommerde afrigters in hierdie kompetisie wees.

Die Bulle en die Cheetahs het weliswaar “weg” wedstryde verloor, wat dalk as aanvaarbaar beskou kan word, maar dit is eerder die manier waarop beide verloor het wat kommer sal wek.

As die hoeksteen van jou wedstrydplan op dominansie berus, dan is dit wenslik dat jy, en nie die opposisie nie, dit doen, en ook dat jy besit van die bal moet hê. Die Bulle is nou verskeie kere voor geweeg en te lig bevind – nou nie in terme van gewig nie, maar in hul uitvoering van dit wat altyd hul sterkpunt was. Dis dalk tyd vir nuwe bloed.

Johan Ackermann is besig om as afrigter van krag tot krag te gaan. Waar hy eens as tydelike plaasvervanger vir sy grootnaam voorganger gesien is, lyk die Leeus nou na die toonaangewende span in die kompetisie.

Die Cheetahs gaan self deur ‘n moeilike tyd van die veld af. Die rede waarom Adriaan Strauss weg is, blyk net die oortjies van die seekoei te wees, Aldus Volksblad:

Verskeie oud-Bokke en -Vrystaat-spelers (soos Barry Wolmarans, Gysie Pienaar, André Venter, Chris Badenhorst, Ross van Reenen, Theuns Stofberg en Eben Jansen), borge, losiehouers, ondersteuners en van die streek se grootste sakelui is bekommerd en hoogs ontevrede oor die huidige stand van sake. 

Dit is nie iets wat mens net onder die mat kan vee nie. Kom ons vertrou dat die probleme spoedig aangespreek sal word.

Die Haaie kan dalk die feit dat hulle in Kimberley gespeel het as rede aanvoer vir ‘n effense gesukkel, maar behoort beter te gedoen het. Tog moet mens onthou dat die maar die eerste rondte van die kompetisie is, en sal hulle straks verbeter. Volpunte aan Griekwas wat nie handdoek ingegooi het nie, en met net 14 spelers op die veld enduit hard probeer het.

Die Kings behoort tevrede te voel met hoe hulle begin het, ondanks die senuwees wat maar  geknaag het. Terwyl die WP ernstig sal moet besin oor hul gebrek aan dissipline, kan Luke Watson ook maar bietjie introspeksie gaan doen. Hy moes eintlik die geelkaart gekry het vir ‘n elmboogstamp wat Bismarck soos ‘n amateur laat lyk het.

Hoe regverdig is die reël dat iemand wat reageer op vuilspel, gestraf word? Sekerlik moet die persoon wat die reaksie ontlok, ook aan die pen ry?

Ons lees graag julle kommentaar op ons blog.