Krediete en Kwalifikasies

Posted on 1 Comment

Die volgende aanhaling verskyn in die FSB se Voorbereidingsgids vir die Regulatoriese Eksamens:

Die gewysigde geskikte en gepaste vereistes wat in 2008 aangekondig is, het die finansiële dienste bedryf aan ‘n nuwe konsep – “REGULATORIESE EKSAMENS” – voorgestel. Hierdie eksamens, tesame met strenger minimum formele kwalifikasies, is ingestel om beter in kliënte se behoeftes deur die hele finansiële dienste-bedryf in Suid-Afrika te kan voorsien.

Daar is destyds, as interim maatreël, besluit om sekere minimum vaardigheidskrediete as maatstaf te gebruik, hoewel die reguleerder die bedryf aangeraai het om eerder ‘n vol kwalifikasie te verwerf. Diegene wat die minimum van 30 of 60 krediete bekom het, kon in die bedryf bly. Dit was eger bloot ‘n tussentydse maatreël, en is intussen vervang met nuwe vereistes, soos hierbo uiteen gesit.

Die vlak 1 regulatoriese eksamens het ten doel om te verseker dat rolspelers in die industrie die nodige vaardighede en kennis het om binne die wet te kan optree. Dit het niks te make met jou verkoopsvaardighede, of jare se ondervinding, in die bedryf nie.

Wanneer die vlak 2 eksamens beskikbaar gestel word, kom hierdie aspekte meer na vore. Hierdie eksamens het spesifiek ten doel om jou kennis van dit waaroor jy advies gee, te toets. Daar sal van adviseurs verwag word om vir elke kategorie waarvoor hulle gelisensieer is, ‘n vlak 2 eksamen af te lê.

Die FSB het ‘n dokument met goedgekeurde kwalifikasies gepubliseer. Houers van sodanige kwalifikasies sal kan aansoek doen vir kwytskelding van spesifieke vlak 2 eksamens, soos toegelig in die FSB se dokument.

As jy nie ‘n goedgekeurde kwalifikasie of graad het nie, sal jy nie kwytskelding kry nie. Diegene wat net krediete het, kan wel ‘n vol kwalifikasie verwerf deur addisionele opleiding te ondergaan. Die bepaling hiervan is egter ‘n redelike nagmerrie, soos diegene wat ingeloop is deur sekere opleiers, sal kan getuig.

Moonstone se opleidingsafdeling bied tans ‘n diens aan waar hulle leerders se krediete/kwalifikasies ontleed, en raad gee oor wat hulle te doen staan om die nodige vol kwalifikasie te verwerf.

Praat gerus met Albert of Ronel by 021 883 8000.

1 thought on “Krediete en Kwalifikasies

  1. HI GOOD DAY ALBERT/RONELL HOPE YOU ARE WELL. CAN YOU PLEASE ASSIST ME ON THIS . I HAVE DONE A LOT OF COURSESES IN AGRICULTURE AND GET WITH EVERY COURSE AN NQF LEVEL. MY QUESTION IS WHERE CAN I SEND/TAKE MY CERTIFICATES TO LOOK AT THE FINAL SCORE IF IT REACH MAYBE A MATRIC CERTIFICATE OR TWO YEARS COLLEGE PLEASE ADVISE ME

Comments are closed.