Tata Madiba

Posted on

Die laaste groet van ‘n pa is tegelyk ‘n familie en ‘n persoonlike saak.

Saam met die gesin kom gedeelde verlies, maar dis in die binne-hart waar die groot seer lê.

Reguit praat met jouself is telkens moeilik. Om feite en emosies te skei, is byna onmoontlik in oomblikke van groot seer – die hart gaan die verstand elke keer troef.

Donderdagaand sit ek alleen in ‘n gastehuis in Pretoria, eufories oor ons nasionale krieketspan wat hul teenstanders afslag.

Vrydagoggend, toe ek weer die TV aanskakel, kry ek eers die nuus.

Dikwels verwoord musiek vir my die antwoorde wat ek sukkel om te kry.

Elton John se huldeblyk aan Marilyn Monroe, en later aan Diana, is die eerste lied wat in my gedagtes opkom, veral hierdie reel:

Your candle burnt out long before your legend ever did.

Seker nie te sleg as jou kers vir 95 jaar gebrand het nie, hoewel 27 daarvan onder ‘n ongewenste maatemmer geslyt is.

Op die sosiale blaaie huldig menige hom. Daar is ook die minderheid wat die sentimente deel van die sinici in Evita:

Oh what a circus, oh what a show.
Argentina has gone to town.
Over the death of an actress called Eva Peron.
We’ve all gone crazy: mourning all day and mourning all night
Falling over ourselves to get all of the misery right.

Breyten se huldeblyk aan sy ma besweer hul besware:

Vir u kan ek om die dood nie ‘n bitter vers skryf nie.

Dalk is my wens vir Tata dit wat Bob Dylan in Mr Tambourine Man sing:

Then take me disappearing through the smoke rings of my mind
Down the foggy ruins of time, far past the frozen leaves
The haunted, frightened trees, out to the windy beach
Far from the twisted reach of crazy sorrow
Yes, to dance beneath the diamond sky with one hand waving free
Silhouetted by the sea, circled by the circus sands
With all memory and fate driven deep beneath the waves…

Dit is ook my versugting vir al ons agtergeblewenes.

Wie weet, dalk sing hy en Johannes Kerkorrel vanaand saam:

En in die skemer as die son sak en die beeste huis toe loop
Klink die roepstem van die vroue oor die heuwels van die land
Halala, halala, ewig is ons Afrika.
Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, Hmmm-Hmmm

http://www.facebook.com/l.php?u=http://www.youtube.com/watch?v=uCoFcJDPp1o&h=lAQHvjA2f.