Suid-Afrika Verpletter Sri Lanka: Perspektief

Posted on

Johan Rhoodie

Van vroegdag af, hier op 18 Maart, juig al wat ’n Suid-Afrikaner is oor die Proteas se prag-oorwinning oor Sri Lanka in die kwarteindronte van vanjaar se Wêreldbekertoernooi Doer Onder.

Die (geregverdigde) jolyt moet teen die volgende agtergrond beoordeel word:

1.    Suid-Afrika kon nog nooit (insluitend ons eerste probeerslag in 1992) ‘n enkele uitklop-wedstryd in ‘n toernooi om die Wêreldbeker wen nie.

2.    Sri Lanka is nie net voormalige wenners van die trofee (in 1996) nie, maar het in die afgelope twee toernooie elke keer in die eindstryd gespeel.

3.    Voor hierdie wedstryd het Sri Lanka 29 wedstryde teen Suid-Afrika gewen, die Proteas 28 teen Si Lanka

4.    Die Proteas se skynbare onvermoë om lopies te jaag wanneer hulle tweede kolf, het aan hulle die alombekende etiket van “chokers” besorg – miskien met ‘n groot mate van regverdiging – want die persepsie dat ons in die hoofligte van druk vries, is weer bevestig toe ons vanjaar teen beide Indië en Pakistan in die groepwedstryde pak gekry het. Die Proteas moes tweede kolf, en selfs 220 was te veel (teen Pakistan); in Indië se geval was selfs 180 buite bereik.

5.    Voor die tweestryd met Sri Lanka was Suid-Afrika net een (geringe) kans gegun: as ons eerste sou kon kolf, kon ons ‘n groterige totaal opstapel en die eilandmanne dalk onder druk plaas wanneer hulle moes jaag. Daarvoor moes AB die loot wen en besluit dat die Proteas eerste kolf.

6.    Toe wen Matthews die loot en besluit om te kolf. Neusie verby? Alles verlore vir ons boykies?

7.    En toe kom Steyn en Abbott te voorskyn met die beste opening sarsie van die toernooi  – later ondersteun deur ‘n bedonnerde Morkel – en toe Sri Lanka sy oë uitvee, is 5 boulbeurte verby en hulle steier op 6/2.

8.    29 lopies in die volgende 5 boulbeurte (danksy Thirimanne) het net begin lyk of die Suid-Afrikaanse houvas begin glip en toe druk AB op Duminy se knoppie  – die “swak skakel” – die 5de bouler.

9.    Terselfdertyd gooi hy die bal vir Tahir aan die oorkant. En alles verander. Duminy staan 3, 3, 5, 4 en 5 in sy eerste vyf boulbeurte af (die 15de, 17de, 19de, 21ste en 23ste) en in die 24ste word die druk te veel en Tahir kry Jaywardene (die 4de keer in 4 botsings tussen die twee).

10. Na 25 beurte staan Sri Lanka op 87/4: 6, 29, 15, 22 en 15 in die 5 sessies van 5 boulbeurte elk – duidelik nie genoeg nie.

11. Maar Sangakarra is nog daar na 4 honderdtalle in agtereenvolgende beurte. Kan hy en Matthews red?

12. Dit lyk so, hoewel die pas aan die stadige kant bly. Na 32 beurte staan Sri Lanka op 109/4 – lae tempo, maar met oorgenoeg paaltjies in die bank: iets tussen 220 en 230 wink – tellings wat Suid-Arika in 2 vorige wedstryde nie kon jaag nie.

13. Net voor die laaste bal van die 33ste beurt geboul word, kry Duminy ‘n paaltjie en 114/4 word 114/5.

14. Twee boulbeurte later, aan die einde van die 35ste, het Sri Lanka se 114/4 na 116/8 verander: Duminy het sy driekuns en Tahir het intussen ook ‘n paaltjie ingeoes.

15. Duminy se driekuns is slegs die tweede ooit deur ‘n Suid-Afikaner (Charl Langeveldt was die eerste) in internasionale eendagkrieket en die eerste deur ‘n Suid-Afrikaner in ‘n wêreldbekertoernooi – en dit van ons 5de bouler wat ons swakplek in die aanvalsmondering sou wees – en nogal nie teen stertkantkolwers nie.

16. Tahir en Morne doen die res. Sri Lanka kon net 37.2 boulbeurte staande bly vir 133 lopies.

17. Daarna verloor Amla sy paaltjie toe hy die sout wou invryf (‘n briljante vangskoot op die derdeman-grens) en Quinton verjaag alle spoke oor sy beweerde gebrek aan vorm: sy enorme talent pryk duidelik.

18. Suid-Afrika bereik die teiken na presies 18 boulbeurte en ‘n kolftempo van 7.45. Dit is die grootse oorwinning ( in terme van oorblywende boulbeurte [32] in die geskiedenis van die wêreldbeker.

19. Na die wedstryd neem almal gepas en eerbiedig afskeid van twee van die grootste kolfhelde van alle tye: Sri Lanka se Kumar Sangakarra en Mahela Jayawardene.

 

Johan het ook ‘n tabel, wat die twee spanne se vordering boulbeurt vir boulbeurt vergelyk, saamgestel. Dis heerlike leesstof:

SRI LANKA                                                                SUID-AFRIKA                       

BB       TEL     NA5     NA10                                       TEL     NA5     NA 10

1          3/0                                                                   4/0

2          3/1                                                                   6/0

3          3/1                                                                   11/0

4          4/1                                                                   24/0

5          6/2       6                                                          32/0     32   

6.         16/2                                                                 37/0

7          18/2                                                                 44/1

8          18/2                                                                 45/1

9          27/2                                                                 53/1

10        35/2     29        35                                            61/1     29                    61

11        38/2                                                                 77/1

12        42/2                                                                 79/1

13        46/2                                                                 96/1

14        47/2                                                                 100/1

15        50/2     15        44                                            110/1   49                    78

16        55/2                                                                 118/2

17        58/2                                                                 123/1

18        64/2                                                                 134/1 GAME OVER