Extension of Deadline…

Posted on

Gogga maak (amper) vir Baba Bly

Die Reguleerder het Vrydagmiddag, skuins voor 15h00, ’n media vrystelling uitgestuur met die opskrif: “Deadline for Regulatory Examinations”.

Die eerste wat ek hiervan te hore gekom het, was toe ’n kollega Maandag vir my die artikel bring wat Sondag in Rapport verskyn het. In die openingsreël staan:

Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het die finansiële adviseurs en makelaars wat nie teen die einde van Junie die verpligte eksamens geskryf het nie, tegemoet gekom. Hulle kan uitstel kry tot 15 Julie om “hul saak aan die registrateur te stel.”

Ons het die mediaverklaring van die betrokke joernalis aangevra, aangesien dit nie op die reguleerder se webtuiste beskikbaar was nie. Dit was teen 8.30 vanoggend nog steeds nie daar nie en ons kon nie bepaal of die inligting daarin vervat, aan die bedryf gestuur is nie.

By die eerste lees van die dokument was ons indruk soortgelyk aan dit wat in die koerant gepubliseer is, naamlik dat almal kon aansoek doen om uitstel. Daar het egter iets gehaper aan die bewoording en ons het toe met die RFD geskakel.

Nêrens in die persvrystelling word verwys na Raadskennisgewing 102 van 2012 nie. Tog is dit waarna hierdie dokument verwys. Dit is ook so aan ons bevestig deur die RFD.

In Raadskennisgewing 102 word voorsiening gemaak dat sekere kategorieë van verteenwoordigers en adviseurs kan aansoek doen om kwytskelding van die skryf van die vlak 1 REs teen 30 Junie 2012. Daar sal ’n nuwe eksamen vir hulle ontwerp word wat meer van toepassing is op die produkte wat hulle bemark. Dit is dus hierdie mense wat nou uitstel tot 15 Julie ontvang het. Vroeër moes hulle teen die einde van Junie aansoek gedoen het om kwytskelding van die 30 Junie sperdatum.

Almal wat nie in hierdie groep val nie, het geen verdere verlenging ontvang nie.

As jy nie die eksamen teen die spertyd geskryf het nie, is jy tegnies en volgens wet, onbevoeg en onbekwaam om advies- en tussengangerdienste te lewer. Let wel: die datum waarop jy in die bedryf aangestel is, bepaal wat jou sperdatum is. Ons het hierdie onderwerp reeds by herhaalde geleenthede bespreek.

Daar is wel ‘n algemene vergunning wat mens in staat stel om vir kwytskelding van sekere van die regulasies van die FAIS Wet aansoek te doen, maar dit gaan nie sommer werk om net te sê jy kon nie betyds registreer nie. Trouens, die kanse om kwytskelding van die skryf en deurkom van die vlak 1 REs te bekom, is uiters skraal, indien nie onmoontlik nie.

En teen R5 200 per kwytskelding aansoek, sonder enige waarborg dat dit sal slaag, gaan skryf ek maar liewer die eksamen teen R900.