All Blacks skep hul eie voorsprong

Posted on 1 Comment

Baie mense in Suid-Afrika raak warm onder die kraag as van hul landsgenote die All Blacks ondersteun wanneer hulle teen die Springbokke speel.

Dieselfde geld vir my as ek sien hoe kollegas wat hul lewe lank in die Kaap bly en werk, die Bulle ondersteun. Ek moet byvoeg, darem redelik sterk onder die radar.

Dalk het rugby net aanbeweeg terwyl ek elders besig was?

Netwerk24 berig onlangs oor Steve Hansen se opmerking dat rugby ‘n “globale seisoen” verdien.

Ter stawing van sy punt verwys Hansen na die goeie spelpeil van sy All Blacks in vanjaar se Superrugby-reeks, wat hy meen te danke is aan die feit dat Nieu-Seeland se topspelers onmiddellik ná die Wêreldbeker-toernooi kon rus.

Die eindstryd is op 31 Oktober 2015 gespeel met die All Blacks wat die Wallabies met 34-17 getroef het.

In jare waar die WB-toernooi nie gespeel word nie, toer die Suidelike Halfrond se spanne nog in November na die Noordelike Halfrond. Soms word wedstryde nog in die eerste week van Desember gespeel.

“As jy terugkyk, was die spelers nog altyd op hul stukke ná Wêreldbeker-toernooie omdat hul seisoen vroeg in November eindig. Dis nóg ’n rigtingwyser dat daar ’n globale seisoen behoort te wees, sodat spelers vir 14 weke agtereenvolgens kan rus,” het Hansen aan Radio Sport in Nieu-Seeland gesê.

“Sodra die spelers daardie soort rus kry, kan hulle skete afskud, hul batterye herlaai en speel soos ons graag wil hê hulle moet.”

Op soek na meer inligting hieroor kom ek af op die volgende berig in die NZ Herald:

“It’s not just this year’s workload, it’s a continuation of a workload,” All Blacks’ assistant coach Hansen said. “Rugby league get 16 weeks to get rid of all their niggles and have a pre-season. Rugby union has four weeks or five weeks before they have to go back into work and I don’t think it’s much different in the Northern Hemisphere, to be honest. We need a global season and the only people who can do that are the IRB.

“There’s no solution unless we have a global season. People have to be prepared to say our players are worth looking after and this is what we need to do to make the next step in the game.”

Hansen said the Northern Hemisphere players weren’t necessarily fresher than their southern counterparts.

“I’d say they’re feeling like we are. They’ll have a bit of match fatigue. They play a lot of games up there too. The difference is they don’t have to travel far. The furthest place you go in a plane over there is probably an hour, an hour and a half and you get back home. Our guys have to go to South Africa and various other places so that does make a difference. You saw that with the Crusaders.”

Jy sou hopelik gemerk het dat daar na Hansen verwys word as die assistent-afrigter. Hierdie berig is gepubliseer op 6 Oktober 2011. Duidelik het niks sedertdien verander nie, behalwe dat Hansen sy eie globale seisoen geskep het, en die res van die wêreld bly inhaal rugby speel teen die All Blacks.

Tensy ons dieselfde doen, gaan ons nooit op dieselfde vlak met hulle kan kompeteer nie.

Wie weet, dalk onderseun ek ook die All Blacks eendag as hulle  weer hier kom toer, of ons daar gaan speel.

Gelukkig is die Bulls se rugby vanjaar van so aard dat ek darem nog nie die smal weg so ernstig byster geraak het nie.

1 thought on “All Blacks skep hul eie voorsprong

  1. Your article on the All Blacks are so true . You just have to admire their

    brand of rugby and how their top players are utilized . I was fortunate to

    attend the last two world cups in New Zealand and the U K. What an

    experience to see them up the ante. I am a proud South African All Black

    supporter . In general good articles

Comments are closed.