Nog opsies na 31 Maart 2013

Posted on

A skryf as volg:

Dankie vir al die handige inligting wat ons gereeld van Moonstone ontvang en op julle webtuiste verskyn. Ek hoop jy kan dalk advies gee of my verwys na iemand wat kan help.

Een van my verteenwoordigers het so pas die 4de keer haar RE 5 (rep) eksamen gedruip. Ek gaan haar dus nou moet afhaal van ons rep register (soos voorgestel) OF debar MAAR ek is bekommerd oor die implikasies wanneer ek haar weer moet byvoeg eendag.

Sy het net standard 8 (graad 10) en 30 krediete (minimum vereiste vir korttermyn versekering – persoonlike lyne). Dit was destyds voldoende toe ons by die FSB geregistreer is. Gaan ek haar kan afhaal en weer opsit later met die kwalifikasie wat sy het of gaan dit nou ‘n probleem wees omdat sy nie matriek het nie?

OF

Gaan sy met debarment dalk op die stelsel bly, en dus nie probleme hê met minimum kwalifikasies nie?

Beste A

Die kort antwoord op jou vraag is dat jou verteenwoordiger se “Date of First appointment” (DOFA) die bepalende faktor is by heraanstelling. Aangesien sy voor 1/1/2010 aangestel is, geld dieselfde voorwaardes as wat toe gegeld het. Jy kan haar dus gerus net van die register verwyder tot sy deur is, en dan weer op die register plaas.

“Debarment” is ‘n formele proses waar jy eers weer toestemming by die FSB moet kry, en dit kan baie meer tyd in beslag neem as bloot die byvoeg van hul besonderhede op jou reps register.