Mooi Rugby is ook Wenrugby

Posted on

Dit is baie bemoedigend om na vier weke van die kompetisie te sien dat die spanne wat bereid is om hardlooprugby te speel, bo-aan die punteleer is.

Die Pumas se oorwinning oor die Sharks was dalk vir party mense die verrassing van die naweek, maar moenie verbaas wees as hulle nog meer opskuddings gaan veroorsaak nie. Hulle het ‘n baie besielende afrigter wat die beste uit sy span kan haal. Al het dit nou al ‘n afgesaagde gesegde geword, speel hierdie span vir mekaar, en bewys hulle dat sinergie nie net ‘n teorie is nie.

My kollega Bobby is ‘n Oos-Kapenaar, en sy versugting vanoggend was dat die Kings tog asseblief net moet probeer om vir meer as 30 minute goed te speel, dan kan hulle dalk op die wenpad kom. Hoewel hulle met die helfte minder punte verloor het as in die eerste wedstryd teen die Leeus, is dit nie goed genoeg nie. Die Leeus, daarenteen, gedy onder die leiding van Johan Ackerman, en na die glipsie teen die WP, is hulle kort op die voorloper se hakke.

Op ‘n stadium is daar gesê dat jy weet wat jy van die Bulle kan verwag – die uitdaging is om dit te neutraliseer. Dieselfde kan van die WP gesê word. Jy weet hulle gaan van orals af aanval, maar om dit te stuit, sit nie in enige span se broek nie. Hoewel beide spanne net twee drieë gedruk het, was dit die gehalte van die Kaapse span s’n wat verskil het. Die nou puntegaping wys duidelik dat die Bulle besig is om week na week beter te speel, en nog lank nie uit die kompetisie is nie.

Die Cheetahs sal baie moed skep uit die vyf drieë wat hulle gedruk het, en die feit dat hulle net drie afgestaan het. Griekwas het nooit gaan lê nie, maar die verlies van Carel Greeff het hulle veral op die verdediging gekniehalter.

Zimbabwe makes Africa Proud

After the first match between the home side and Australia, it seemed that the five month lay-off of the visitors did not affect them one bit. After the Proteas beat them comprehensively in their first encounter, one expected Australia to come back fighting, but the spin attack employed by Zimbabwe certainly uncovered some deficiencies which South Africa will want to exploit when the two sides meet tomorrow.

After the 31-year drought against the Aussies, the Zimbabwe side probably sank more than a few pints to celebrate this momentous occasion. This victory, plus their gutsy performance against the Proteas in their previous encounter, will no doubt be a huge morale booster.

Who knows, we may just end up seeing a final between the Proteas and Zimbabwe?