Kyk Vorentoe, Springbokke

Posted on

Kommentators na aan die Bokke beweer dat hulle die teleurstelling van verlede Saterdag verwerk het, en nou op die groot stryd teen die aartsvyand fokus. Ek dink nie dit sal ‘n slegte ding wees om bietjie motivering te put uit die wyse waarop hulle behandel is nie, solank hulle net nie simpatie verwag van die skeidsregter oor wat gebeur het nie.

Ek het Maandag gesê dat die Bokke se benadering te negatief was. Hopelik sal komende Saterdag se strategie fyner beplan word teen ‘n span wat meesters is in die uitbuit van foute deur hul teëstanders.

Eerstens glo ek dat ons die spelers het wat met hulle om balbesit kan meeding. Voeg hierby die afwesigheid van veral die briljante Sam Whitelock, en dinge lyk nog meer rooskleurig.

Tweedens kan ons nie weer ons skitterende agterlyn so afskeep en net verwag dat snellers soos Habana en Hendricks se enigste rol is om hoë skoppe te jaag nie. Willie le Roux moet ook toegelaat word om sy natuurlike spel te speel.

Die New Zealand Herald bevat ‘n interessante brokkie oor die wedywering tussen Brodie Retallick en Eben Etzebeth:

The latter is just a few months younger than the 23-year-old All Black, and is more of a go-to man at lineout time, and capable of stealing opposition ball.

Neither has missed a tackle in the opening three tests and, despite heavy work in the engine room and the dark places that are rucks, neither has been penalised heavily. Richie McCaw leads the way for All Blacks being pinged the most in the Rugby Championship.

Retallick has carried more often and more effectively than Etzebeth thus far in this competition.

All the numbers and the history point to a mouth-watering match-up between not just two of the best young locks in world rugby, but two of the best second-rowers, period.

Australië/Argentinië

Die meeste van ons het seker so bietjie van ‘n suurgat houding oor hierdie wedstryd na verlede week, amper soos wanneer iemand jou verkeerdelik pak gegee het, en jou rowwe boetie sien hom na skool reg.

Ek lees vanoggend dat Jonathan Kaplan glo die gang van die wedstryd sou anders verloop het as die skeidsregter wel die afstorm drie van die Argentynse slot toegeken het. Hulle het dus ook iets om te bewys, en die Aussies sal, soos hul krieketspan, moet keer vir hulle wickets, veral voorlangs.

Dis egter nie moontlik om ‘n voorspelling te maak oor die uitslag nie, want ek weet nie wie die skeidsregter gaan wees nie.

Moonstone/Getwine Superbru Pool

Please get your picks in on time to win our weekly prize of 6 quality wines.

Blog Vraag

Is dit wenslik dat skeidsregters van die Noordelike Halfrond in die Rugby Kampioenskap blaas?