Gesoek: Goeie Gebruikte Kristalbal

Posted on

Die onvoorspelbaarheid van die uitslae in die eerste twee rondtes sal waarskynlik voortduur in week 3.

Die Crusaders het byvoorbeeld hul eerste wedstryd verloor, wat nie snaaks is nie, behalwe dat dit op hul tuisveld teen die onbesonge Rebels was, en boonop met 10 punte. Toe gaan staan hulle, heeltemaal teen hul normale patroon in, en wen ‘n wegwedstryd teen die Highlanders.

Na twee rondtes is die Rebels en die Sharks, wat beide 6 drieë gedruk het, tweede op die lys van die meeste vyfpunters – slegs een minder as die Brumbies se 7. Die Sharks het boonop 4 keer gedruk op ‘n sopnat veld. Wat gaan aan?

Die Blues is darem nie altyd laaste nie. Hulle het 17 strafskoppe afgestaan, en is gemaklik voor teenoor die tweede span, die Force (13).

Cheetahs v Blues

Wynne Gray writes in the NZ Herald:

My neighbour answered his inquiry before he delivered it.

“I guess the Blues lost,” he began before switching the conversation to more pressing matters like the state of the lamp-posts in the street.

It’s become like that in Blues territory. There is an acceptance they will find a way to lose as the slide in production and results persists.

Kom ons hoop hulle bou voort hierop Vrydagaand.

Na hul briljante afskop, is al wat die Cheetahs kan laat verloor daardie spook van die eerste wedstryd na ‘n loslootjie. Hulle het die Sharks behoorlik opgekeil in Durban, en het al die personeel om dit Saterdag te herhaal in Bloemfontein.

Solank hulle net nie hulself in die voet skiet nie.

Bulls v Sharks

Dis byna ondenkbaar dat die manne van Pretoria na twee tuiswedstryde steeds segeloos is, en nou boonop teen die Sharks moet wen as hulle nog enige hoop het om bo-aan die SA Konferensie te eindig.

Ons het verlede week gesê dat hulle trots op die spel is, en hoewel daar ‘n verbetering was op die eerste week, is dit nog lank nie genoeg in hierdie strawwe kompetisie nie. Hul probleme in die lynstane neutraliseer hul sterkste wapen, en met Pieter-Steph du Toit wat met 11 lynstane tans bo-aan die lys is van rankers, kan die hakers nie bekostig om weer droog te maak nie.

The Sharks will be a confident side after last week’s display and stand a good chance of winning despite the return of Kankowski from Japan.

Lions v Stormers

Ondanks die onvoorspelbaarheid wat hierbo genoem is, glo ek nie die Lions gaan die pyp rook teen die Stormers nie. Die besoekers se dodelike verdediging bly een van hul sterkste wapens, en die kalmerende invloed van ou strydrosse soos Vermeulen op die nuwelinge  maak die Stormers groot gunstelinge om vanjaar bo-aan die SA Konferensie te eindig. Boonop is daar heelwat ervare spelers wie se terugkeer die Kaapse span net nog gaan versterk.

Cricket World Cup

The loss last Sunday, albeit against a top team like India, was no doubt a mental blow to the  the Proteas. This would have been exacerbated by Gayle’s stunning double ton against Zimbabwe. Both these factors should bolster the confidence of the Islanders after being badly whipped in South Africa recently.

Friday’s match will, indeed, be as much a test of character as it will be a must-win game for the Proteas. The slower pitch will no doubt be more to the liking of the Windies. This makes JP Duminy’s injury even more untimely. Whilst the media are speculating about Behardien replacing him, and Parnell being retained, we think that the inclusion of Aaron Phangiso may be a better option, with Rilee Rossouw also coming into the side.

Suddenly, I am a lot less confident than two weeks ago.