Dis nie net ons nie

Posted on

Nou dat die klaagliedere van Jeremia stadig maar seker afneem, na die aankondiging van die span wat Suid-Afrika by die Rugby Wêreldbeker gaan verteenwoordig, kry mens ‘n ietwat meer gebalanseerde kykie op die saak.

Dit blyk dat baie ander lande ‘n soortgelyke benadering gevolg het met die kies van hul spanne wat betref beseerde spelers en nuwelinge.

Die All Blacks het ook ‘n paar manne wat lank in die tand is – Keven Mealamu (126), en Tony Woodcock (115) het baie ondervinding, op grond waarvan hulle gekies is, maar of hulle beter is as sommige ander spelers in hul posisies, is te betwyfel. Die gemiddelde ouderdom van die Kiwi groep is 28.

Die ervare slot Paul O’Connell, wat Ierland sal aanvoer, word tydens die toernooi 36.

Heelwat spanne, insluitend die All Blacks, het ook spelers gekies wat eers later in die toernooi genoegsaam sal kan speel weens beserings of gebrek aan die vereiste kondisionering.

Die Wallabies het ook ‘n paar onverwagse keuses gemaak. Een daarvan is om net twee skrumskakels te kies terwyl hulle die held van die laaste toets, Nick White, tuis gaan los met Giteau as die onwaarskynlike plaasvervanger, indien benodig. Ierland het dieselfde gedoen, met die losskakel Ian Madigan as derde skrumskakel.

Die Skotse senter, Richie Vernon, sal in sy tweede toernooi speel. In 2011 was hy ‘n losvoorspeler.

Wallis het die losskakel Gareth Anscombe verrassend tuis gelos na ‘n onlangse ligte besering, maar nie gehuiwer om die voorry Samson Lee, wat in Maart laas gespeel het, in te sluit nie. Alun Wyn Jones is nie net oud nie, hy is boonop beseer, maar in die Walliese groep. Dan het hulle ook net twee hakers, maar vyf slotte plus ‘n veelsydige losvoorspeler gekies.

Nee wat, kom ons doen nou maar die regte ding en glo dat alles so beskik is, en dat ons manne se trots en deursettingsvermoë die beker gaan huis toe bring.

Geen span het nog ooit die Wêreldbeker twee keer na mekaar gewen nie. Dit is al klaar ‘n slegte teken vir die ooms in die All Black span.

RWC Rule on Replacement of injured players

Players can be replaced during the tournament, but players injured during the tournament cannot return later in the competition. Replacements have to be with the squad for 48 hours before they can take the field.

Injuries to key players will lead to some serious thinking before they are sent home.

Time to get rid of the ‘Springboks’

Chris Rattue wrote in the NZ Herald:

It’s high time for the Springbok to leap like a gazelle into history, for South African rugby to signal a bold future and new mentality by finding another name for their national rugby side.

Symbolism is important, and the name “Springboks” stood loud and proud for racially selected teams and a purposely divided society of great haves and excessive have nots. The sight of Nelson Mandela pulling on one of those jerseys at the 1995 World Cup was an awkward moment in truth but his worldwide mantra was such that his actions were virtually beyond questioning.

Yes, his was an act of reconciliation, but maybe – in hindsight – it was one that went too far. And 20 years later, there is enough evidence to say that while progress has occurred, it has been too slow and old attitudes are dying hard.

Comments from readers in New Zealand, Australia and South Africa were scathing, basically telling him to stick to writing about rugby, rather than express an opinion on something he knows little about. Click on the link above to see more.