Die een se dood…

Posted on

Daar was lanklaas soveel bespreking en bespiegeling na Frans Steyn se onttrekking aan die Springbokspan. Die ouer garde brom dat hy dislojaal is teenoor die land, terwyl die jonger garde voel dis ‘n professionele era en elke man vir homself.

As mens die media berigte oor hierdie aangeleentheid lees, is daar duidelik ‘n dwarsklap na SARU, as synde dat hulle nie ondernemings aan Steyn gestand gedoen het nie. Op die SARU webtuiste word die beheerliggaam se saak as volg gestel:

“I have spoken at length to Frans and we are happy to accede to his request,” said Jurie Roux, CEO of the South African Rugby Union (SARU).

“He has asked for some time to consider his international playing future and we must respect that. Let me make it clear that he has not retired from international rugby, but he has requested a break from it.”

“This is not an ideal situation, but, in other instances, sudden player absences through injury are not uncommon and I’m sure Heyneke and the selectors will adapt to his unavailability. Frans is now out of the squad and team management will respect his wish for privacy by not speculating on his decision or his likely return.”

Daar is egter tot dusver nog geen reaksie oor die bewerings dat SARU nie woord gehou het nie.

My vermoede is dat Steyn moontlik ongelukkig is oor sy verdienste in die Bokspan in vergelyking met die geld wat spelers wat nie oorsee speel nie, verdien. Ouens soos Bismarck en Beast moet baie goed betaal word om hier te bly, en die moontlikheid dat Steyn dalk heelwat minder as hulle in die Bokspan verdien, kan dalk die onderliggende probleem wees.

Ons is darem al teen dié tyd gewoond daaraan dat drama en Springbokrugby hand aan hand gaan. Mens wonder of daar dalk iets van spelerskant gedoen gaan word, soos om met swart armbande op te draf. Dit sal die owerhede stof tot nadenke gee.

Ons moet begrip hê vir SARU se dilemma weens die swak wisselkoers van die Rand. Daar is onlangs beweer dat Johan Goosen ‘n aanbod ontvang het om in Frankryk te speel. Die bedrag ter sprake is R7 miljoen MEER as wat die Vrystaat hom aangebied het. Die top tien spelers in hierdie liga verdien tussen R7 miljoen en R9 miljoen, wat baie aanloklik moet wees vir ‘n professionele speler met ‘n beperkte rakleeftyd. (My kollega wonder toe wat die Vrystaat se aanbod was?)

My grootste bekommernis, al is dit dalk selfsugtig, is dat die ongekende uitvloei van spelers na oorsese klubs beteken dat ons nie ons beste spelers tuis sien speel nie.

Die een se dood is die ander se brood – wie weet, dalk voel ons na Saterdag se wedstryd dat Jan Serfontein ‘n beter opsie is, en bedaar die gemoedere.

Other Sporting Highlights

Tonight sees the opening ceremony and first match of the world’s biggest sporting event in Brazil.

The controversy around stadiums not being ready in time, striking workers and the poor drawing attention to their plight sounds like a carbon copy of what pre-empted the Soccer World Cup in South Africa. My bet is that, as soon as the first match kicks off, all unhappiness will evaporate amidst the thrills and spills at the spiritual home of the beautiful game.

The US open also begins today amidst much speculation that a southpaw may take the final honours on Saturday. The beauty of golf is that, every so often, the winner does not come from the potential winners chosen by the media. Charl Schwartzel and Louis Oosthuizen have proven track records at major tournaments, and will hopefully do us proud at Pinehurst.

rugby