Blitsbok resep sal Bokkwale oplos

Posted on 1 Comment

Daily Maverick se sportskrywer, Antoinette Muller, meld in Dinsdag se uitgawe dat daar vier dinge is wat die manne van die vyftienman-kode by die Blitsbokke kan leer.

Profesionalisme

Sy haal Johan Ackerman aan oor sy ervaring van Blitsbokke wat hy in die 15-man formaat aangewend het:

“They definitely bring other qualities to the game, they understand space, they understand the off-load game, they know how to defend when there are two to three guys in front of them. I am sure sevens is good for a player’s development, and I know your specialist sevens players will not be available but as long as you have guys that can successfully manoeuvre between the two codes it could be an asset to you.”

Die grootste enkele frustrasie vir my vanjaar was die onbeholpenheid van ons agterspelers met die bal. Onthou, dis ouens wat die nasionale span haal omdat hulle gereken word as die beste in hul posisie. Dis gerieflik om die afrigter en sy assistente te blameer, maar wat van die speler self?

Inklusiwiteit

Het ons nie dalk vir hopeloos te lank letterlik aan die “ou skool” vasgeklou nie?

Muller is van mening dat spelers wat uit die tradisionele rugbyskole kom, so in die skop skiet en donner patroon vasgevang is dat hulle eenvoudig nie vindingryk kan dink nie.

By die sewes is dit heel anders:

“Of the regular squad members only Kyle Brown (SACS), Chris Dry (Grey, Bloem), Dylan Sage (Wynberg) and Philip Snyman (Grey, Bloem) went to what would be considered ‘rugby’ schools.”

Kondisionering

Die manne was teen die einde van die Wallis wedstryd gewillig, maar pootuit. Die pasaangeërs in wêreldrugby, die All Blacks, daarenteen het hoevele wedstryde vanjaar beklink weens hul superieure fiksheid. Sonder om sondebokke te soek, is die antwoord eenvoudig. Kry die regte personeel en kry die manne fiks. QED.

Muller stel dit so:

“Professional sport – and specifically rugby – is no longer just about getting big and pumping iron, despite what the apparent “DNA” of Bok rugby tries to tell you. Athletes need to be aware of their bodies, how they move, how they can move, and they need to train better, not harder. Gone are the days of simply hitting the gym and doing bicep curls. Players who are conditioned both in functional fitness (mobility) and strength training make for better, more effective and explosive athletes.”

Spangees

“The Blitzboks always look like a far more cohesive team compared to their XVs counterparts. Spending time together as a team is one of the most critical parts of this.”

SARU is besig om presies dieselfde met die Junior Bokkies te doen as wat hulle met Allister Coetzee gedoen het. Jy kan nie spangees oor so kort tyd opbou nie, veral as jy boonop die grootse kern van jou senior spelers verloor het nie.

Kwotas

Hierdie is my eie, vyfde roos, vir jou my lief:

Die Blitsbokke bewys finaal dat hierdie ou en onverkwiklike argument nie meer geldig is nie. Niemand tel eers meer hoeveel van wie daar in die span is nie, want dis nie nodig nie. Hoe is dit moontlik dat dit by die Blitsbokke kan gebeur, en die res moet aanhoudend planne beraam om binne die reels op te tree, terwyl die Minister gereed staan met die rottang om hulle pak te gee?

Fisiekheid

Die Springbokke was nog altyd fisiek, maar dit was nie al nie. Wat mens by die Blitsbokke sien is dat hulle reuse soos Fiji en Samoa soos Dawids afmaai, die bal blitsig omkeer, en met verbeeldingryke spel drieë druk. Hoekom kon ouens soos Danie Gerber, Mannetjies Roux, Eben Olivier, Carel du Plessis en die meester, Joost van der Westhuizen, ook sulke skitterende drieë druk?

Nou wonder ek, sommer moedswillig, of iemand vir my kan sê waar die spannetjie wat ek hierbo noem, op skool was? As ek moet raai, nie by enige van die groot rugbyskole nie, of hoe?

1 thought on “Blitsbok resep sal Bokkwale oplos

  1. Gerber -Despatch
    Olivier?
    Roux en Du Plessis – Paarl Boishai
    Joos – onbekende skool in die noorde van Pretoria

    Die topskole speel nie skopskiet en donder rugby nie . Die skrywer van die berig het seker lanklaas gaan kyk hoe die top 20 skole speel . 15 man skillfull rugby . Dit is as hulle by die franchises kom waar die “patroon” of te wel die afrigters goeie spelers bekom en hulle dan verander in robotte ( Jan Serfontein maar as voorbeeld )

Comments are closed.